Nuwe wending in Nkandla-sage

Zuma se Nkandla-woning

Belastingbetalers se geld is glo ook aangewend om vir opknappingswerk by die huise van pres. Jacob Zuma se twee broers te betaal.

Michael en Joseph Zuma het glo voorraad van die elektrisiteitsmaatskappy Voltex by hul huise laat aflaai as deel van die “prestige projek”, berig The Sunday Times. Dié inligting is glo deur Voltex by die hooggeregshof in Durban ingedien.

Voltex het die hof genader om R545 249 te verhaal wat Pamela Mfeka, boukontrakteur, hulle glo skuld. Die departement van openbare werke het glo ‘n kontrak van R47,6 miljoen aan Mfeka toegeken om ses geboue in Nkandla op te rig.

Luidens die berig stipuleer die hofdokumente dat Mfeka agterstallig geraak het met die betaling vir elektriese kabels en ander goedere wat aan Zuma se huis en sy broers se huise verskaf is.

Michael ontken dat enige werk aan sy eie of Joseph se huise gedoen is. “Daar is nie ‘n projek hier nie,” het hy aan die koerant gesê.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johnny Botha ·

En so sal die een na die ander bedrogspul oopgevlek word sonder dat die bedrieërs vervolg word. Wanneer gaan iemand in ‘n gesags-posisie sy/haar rug styf maak om hierdie stropery van die Staatskas stop te sit???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.