Nuwe wetgewing het mes in vir “nie 100%-swart” liefdadigheidsorganisasies

As ʼn nuwe voorgestelde wetgewing goedgekeur word, kan dit daartoe lei dat besighede swart ekonomiese bemagtiging (BEE)-punte verloor as hulle welsynsorganisasies ondersteun wat nie 100% swart begunstigdes het nie.

Die departement van handel en nywerheid het ʼn skakel van die voorgestelde verandering van wetgewing op hul webwerf geplaas. Die voorstel was in die Staatskoerant van 5 Oktober gepubliseer. (Sien dit hier)

Bridget Brun, ʼn Durbanse kenner van swart ekonomiese bemagtiging, het aan die media gesê die voorgestelde wetgewing gaan ʼn groot effek op welsynsorganisasies hê as dit goedgekeur word. “Dit beteken dat enige besigheid, wat liefdadigheidsorganisasie ondersteun wat Indiërs, bruin mense, wittes of selfs mense van Mosambiek of Zimbabwe help, nie voordeel sal trek van swart ekonomiese bemagtiging nie.”

Joan van Niekerk, die hoof van Childline, het aan Platinum Weekly gesê die voorgestelde BEE-wysiging is belaglik. “Ons weet nie wat die ras van ʼn kind is as hulle ons bel nie. Dit is onvanpas om hulle te vra: ‘Is jy swart of hoe swart is jy’,” het sy gesê.

Piet le Roux van Solidariteit se Navorsingsinstituut sê die voorgestelde nuwe kodes wat in die Staatskoerant gepubliseer is, is absurd. “Dis só absurd, dat dit dalk selfs tot die ondergang van BBBEE kan bydra, omdat dit onmoontlik word dit ernstig op te neem. Solidariteit ondersoek tans die saak en oorweeg sy opsies,” het hy aan Maroela Media gesê.

Belanghebbendes het tot 4 Desember tyd om reaksie op die voorgestelde wetgewing te maak. Kommentaar moet op skrif aan [email protected] en [email protected] gerig word of per pos na The DTI Campus, 77 Meintjiesstraat, Sunnyside, Pretoria, 0002. Vir navrae, skakel 012 394 1609/1941

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Christian Winterbach ·

Blatante rasisme. Daar moet weggedoen word met BBBEE dit is net nog ‘n vorm van rasisme.

Fritz Rossouw ·

Huidige ANC regering is erger rasisties as enige vorige, regering in hierdie land ???

Als word net gedoen vir die sogenaamde “swart ” agtergeblewenes. Dit is skandelik hoe daar, al meer teen enige ander ras, dan swart mense, gediskrimineer word ???

H J Bester ·

Die oordrewe beheptheid deur die ANC-regering met die begunstiging van “slegs” swart en indien nie, word jy gepenaliseer, is besig om alle perke van redelikheid heeltemal te oorskry.

Die hele bedoeling destyds met die insluiting van die Regstellende Aksie- en Swart Bemagtiging-wetgewing om die sogenaamde agtergeblewenes te “bevoordeel”, word nou heeltemal verkrag tot so ‘n mate dat dit tans niks anders is as naakte rassisme en diskriminasie is nie.

Buiten dat die regstellende aksie praktyk rassisties van aard is, is jarelange ervaring in die werkplek nou verruil vir onbeholpe onbevoegdheid. Dit op sigself het verder ‘n groot effek op dienslewering asook op die ekonomie – in alle gevalle werk dit laer produktiwiteit in die hand wat weer groot druk plaas op die tersourie.

Mens kry die indruk dat regstellende aksie en swart bemagting gekom het om te bly vir solank as wat die land ‘n swart meerderheids-regering het. Raak die tyd nie almeer ryp dat die Regering in die Konstitusionele Hof uitgedaag word om hierdie diskriminerende en rassistiese wette van die wetboek te verwyder nie ?

Hendrina de Villiers ·

Onaanvaarbaar! Dit beteken dat nog meer van die wat nie pikswart is nie weggeneem gaan word om soveel meer vir die arme Zuma te kan gee. Kyk bietjie wat gebeur in die eiendoms mark. Het te doen gekry met hele paar ongeruimdhede in hierdie verband. Die ANC regering is stadig maar seker besig om die wat nie vir hulle stem of nie pikswart is nie, uit te werk, hoe ? hul plan is uitgewerk.

Is dit moontlik om ‘n land binne ‘n land te bedryf? Eersdaags word ons pensioenfondse, spaargeld, beleggings en ander bates ook staatseiendom. Waar los dit ons dan? Ons blanke volk is ‘n slim en brawe volk, is dit nie tyd dat ons saamstaan nie. Die ANC regering is definitief nie van plan om vir ons blankes ‘n plekkie onder die Suid Afrikaanse son te gun nie!

Leslie ·

Die anc wys vir ons dat ons klei is in hulle hande en kan maak net hulle wil
“Animal Farm” is so van toepassing vandag, ‘n mens hoef nie eers die boek te lees nie, kyk net rond
Die black sach of wat hulle ook al is of was is seker now baie trots op hulle werk

Sonja ·

Dink julle nie dalk dit is tyd dat ons die ander lande betrek en vra vir sanksies soos in die verlede om die huidige situasie op te los nie.

Mike ·

Absoluut Sonja! net jammer ons het nie leiers met ruggraat wat dit wil begin ondersoek en vir die buiteland vra vir ekonomiese sanksies nie.

Poepies ·

Nee wat ons leef in “n kommisties land met “n denk beeldige demokratiese regte alles draai om die ANC en basta met die res.

Don Clifford ·

Ongelooflik , hoe die rassisme van die huidige ANC duidelik vir wit mense en minderhuids groepe se , ons wil sien dat jul ons slawe moet wees al is jul wetenskaplikkes , doktors , ingeneurs ! want die wat nie wil werk wil geld he en grootbaas oor jul heers

Trudé Nell ·

Dit klink my so ons het hier ‘n voorbeeld van Pendulum Politiek: Swart Apartheid in volle swang. Dan sê hulle Wit Apartheid was ‘n Euwel!

Brenda ·

Ja, tereg net soos in “Animal Farm”! Ons het die voorgeskrewe boek in my matriek jaar behandel en alles val presies in plek in SA… ALMAL is gelyk,.. PARTY is net MEER GELYK as ander… Kommunisme in sy suiwerste vorm. Dit het nog NOOIT in een land gewerk, waar dit ingestel is nie en SAL ook nie in ons land werk nie. Dit is nie Bybels gefundeerd nie en het daarom geen basis van reg en geregtigheid nie. Geen Jesusliefde nie…Geen liefde nie. Punt.

JCS ·

Dis tyd dat hierdie arrogante dubbel standaard regering sal moet besef hulle kan nie net belasting geld wil melk van die mense wat hulle opsetlik wil benadeel nie. Hulle is veronderstel om aan almal gelyke voordeel te gee…..!!!

Marlene Davies ·

Niemand kan hierdie goedpraat nie, maar ek weet van baie blankes wat nie welsyn organisasies wil ondersteun nie as daar enigsins hulp vir swart kinders gaan nie. Twee verkeerde dinge maak baie beslis nie iets reg nie. Ek het geen antwoord vir die probleem nie. Dis net baie hartseer. In my oe is kinders KINDERS – dit maak nie saak wat hul kleur is nie. Almal verdien ‘n regverdige kans op ‘n beter lewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.