Mxolisi Nxasana, nasionale direkteur van openbare vervolging, het verlede week dae voor Breytenbach se bedanking glo ʼn konsepverslag ontvang met beskuldigings teen Breytenbach. In die konsepverslag, wat deur die NVG se intergriteitbestuurseenheid opgestel is, word daar beweer dat Breytenbach ʼn lening van R11 miljoen van die sakeman Nathan Kirsh bekom het. Kirsch was die klaer in twee sake wat deur Breytenbach ondersoek is. Die Sunday Independent berig ook dat Breytenbach ʼn donasie van R6,3 miljoen van Kirsch via die F.W de Klerk-stigting aanvaar het om vir haar regskostes te betaal in haar arbeidsdispuut met die NVG. Die konsepverslag het glo bevind dat die geld wat Breytenbach van Kirsch ontvang het as omkoopgeld geklassifiseer kan word. Sy word ook daarvan beskuldig dat sy nie haar verhouding met Kirsch en adv. Andre Bezuidenhout verklaar het nie. Nathi Mncube, woordvoerder van die NVG, sê hy kan nie kommentaar lewer nie aangesien Nxasana nog nie die verslag klaar bestudeer het nie. Gerhard Wagenaar, Breytenbach se prokureur, wou ook nie kommentaar lewer nie aangesien Breytenbach glo nog nie die verslag gesien het nie.
Lees ook:
Breytenbach glo op DA-kandidatelys
Glynnis Breytenbach se saak afgekeur
Breytenbach betrek arbeidshof
Breytenbach gaan arbeidshof toe
Breytenbach word geskuif
Breytenbach terug werk toe
Glynnis Breytenbach onskuldig
Skote geskiet op geskorste Mdluli-aanklaer
Dit begin met die aanloop tot die verkiesing dat eweskielik almal uit is om die DA en hul lede te beswadder en aan te kla. Seker skuitbang dat die einde naby is vir die ANC se bewind. En dat die gravy trein te lekker ry en dat dit vergete is hoe om pap te maak, terwyl die res van ons hul leefstyl moet sponsor.