NVG laat rowers ‘per ongeluk’ vry

Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle deel is van ʼn groep rowers is glo per ongeluk vrygelaat na ʼn misverstand in die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se kantoor.

The Saturday Star berig dat ʼn staatsaanklaer ʼn opdrag van ʼn ander aanklaer verkeerd verstaan het en dat dit daartoe gelei het dat die aanklagte teen Solly Mahlahlo en Morekgomo Stanley Phaahla teruggetrek is. Die saak sou in die Pretoria-Noord-streekshof aangehoor word. Kapt. Jan Sepato, woordvoerder van die polisie, sê daar moet nou dagvaardings aan Mahlahlo en Phaahla oorhandig word om in die hof te verskyn aangesien hulle nie uit aanhouding ontsnap het nie maar vrygelaat is. Mahlahlo en Phaahla en die groep rowers waarvan hulle glo deel is, het Fanie Venter, Tiaan Strydom en Jeandre Visagie in 2011 in Montana beroof. Venter, Strydom en Visagie sê hulle vrees nou vir hulle lewens aangesien hulle Mahlahlo en Phaahla positief geïdentifiseer het na die voorval. Hulle is bang die mans wil dalk wraak neem. Medupe Simasiku, woordvoerder van die NVG, sê intussen die opdrag is in Afrikaans aan die staatsaanklaer gegee en dat dit nie haar huistaal is nie. Hy sê dit was ʼn eerlike fout en dat dit nie dissiplinêre aksie regverdig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kaspaas ·

As jou velkleur “reg” is, gebeur nogal baie dinge in die land “in jou guns”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.