NVG laat vaar sake teen Mandla

Mandla Mandela

Mandla Mandela

Twee sake teen oud-pres. Nelson Mandela se kleinseun, Mandla Mandela, is Dinsdag deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) laat vaar.

Luxolo Tyali, ʼn woordvoerder van die NVG, het gesê die aanklagte hou verband met beweerde bigamie en dat hy met grafte gepeuter het. “Albei sake is reeds ʼn geruime tyd gelede aan ons voorgelê. Ons het die dossiere nagegaan en dit terugverwys na die polisie vir verdere ondersoek,” het Tyali gesê.

Toe die NVG die dossiere teruggekry het, het hy dit deurgegaan en bevind daar is nie genoegsame bewyse wat deur ʼn hof toelaatbaar sou wees nie.

In Julie het 16 lede van die Mandela-familie ʼn klagte teen Mandla aanhangig gemaak nadat hy glo erken het dat hy die oorskot van drie van Mandela se kinders in Qunu opgegrawe en by sy privaattuiste in Mvezo begrawe het.

Op 3 Julie is die drie kinders se liggame weer opgegrawe en in Qunu herbegrawe.

Die tweede aanklagte van bigamie het in Desember 2011 aan die lig gekom toe Mandla se eerste vrou, Thanda Mabuna-Mandela, die klagte teen hom aanhangig gemaak het. Hy het na bewering ʼn hofbevel verontagsaam en met Mbali Makhathini, ʼn vrou van Pietermartizburg, getrou. Mandla en Thanda het hul egskeiding in 2008 begin, nadat hulle in 2004 binne gemeenskap van goedere getrou het.

Lees ook:
Mandla Mandela se regspan soek hul geld
Mandla Mandela weer in die sop
Mandela-regshulp word verdedig
Grafskendingsaak gaan voort teen Mandla Mandela
Mandela-oorskot identifiseer, herbegrawe
Mandela-grafsage: Mandla sê hofbevel is foutief; swyg oor “ware redes”
Oorskot van Mandela-kinders weer opgegrawe
Uitspraak gelewer in Mandela-graftesaak
Hof sê oor Mandela-grafte
Mandela: Grafte sal glo “diamantveld” wees
Mandela-kleinseun gaan dalk interdik teenstaan
Geen oorskot in Mandela-grafte gevind nie
Dringende interdik teen Mandla Mandela
Mandla ontken Mandela-familietwis
Madiba: Konflik glo tydens begrafnis-vergadering
Mandela-familie hou vergadering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Erich Goosen ·

Altwee hierdie sake behoort uit ‘n bewysregtelike oogpunt nie noemenswaardige problem vir die staat op te lewer tydens ‘n vervolging nie. Die NVG is soos ons weet nie altyd doeltreffend nie en veral nie as die verdagtes hoe profielmense is nie.

Griet ·

Nie genoeg bewyse nie???? Hy het dit dan in soveel woorde erken!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.