NVG lê beslag op R22 miljoen se karre van oud-metrolid

Die NVG lê beslag op die Mpisanes se motors by hul huis in La Lucia. Die foto is deur @Leko3 op Twitter gelaai.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Woensdag op ʼn voormalige Durbanse metropolisielid en sy vrou se luukse motors ter waarde van R22 miljoen beslag gelê.

Die NVG sê hy het op’n Rolls-Royce Phantom, ʼn Rolls-Royce Ghost, ʼn Maserati, ʼn Ferrari Scaglietti, ʼn Porsche Cayenne Turbo en ʼn Panamera Turbo, twee gepantserde BMW 5’s en twee Hummers beslag gelê. Die motors behoort aan Sibusiso Mpisane en sy vrou Shauwn. Daar is ook op konstruksievoertuie van R4,5 miljoen beslag gelê. Die NVG sê daar is verder op vier vaste bates, insluitend die Mpisanes se huis in La Lucia ter waarde van R25 miljoen, beslag gelê. Die KwaZulu-Natalse hooggeregshof het Dinsdag ʼn bevel aan die batebeslagleggingseenheid toegestaan om op R140 miljoen van die Mpisanes se bates beslag te lê. Shauwn word tans in die Durbanse-streekhof verhoor vir beweerde belastingontduiking. Sy besit ʼn konstruksiemaatskappy. Die egpaar is binne gemeenskap van goedere getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.