NVG misluk in poging om Sunday Times te stop

Die voorblad van vandag se Sunday Times

Die Sunday Times is vanoggend landwyd op winkelrakke beskikbaar nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ter elfde uur probeer het om te verhoed dat die Sondagkoerant versprei word met ʼn hoofstorie oor president Jacob Zuma.

Die NVG het Saterdagaand ʼn dringende aansoek gebring voor die hooggeregshof in Pretoria om te verhoed dat die Sunday Times versprei word. Die koerant se voorbladberig handel oor die NVG se besluit in 2009 om korrupsie-aanklagte teen Zuma te laat vaar. Waarnemende regter Nomsa Khumalo het gelas dat die koerant reeds Saterdagaand laat versprei is en dat dit sinneloos sou wees om dus die verspreiding te probeer stopsit. Die NVG se aansoek is met koste van die hand gewys. Adv. Jaap Cilliers, vir die NVG, het aangevoer dat die inligting in die Sunday Times “onwettiglik verkry” is en om die rede nie toegelaat moet word om in die openbare domein versprei te word deur die koerant se berig nie. Die Sunday Times se berig handel oor ʼn reeks interne dokumente waaronder e-posse en notules van die NVG. Die dokumente toon dat top aanklaers van mening was dat hulle ʼn sterk saak teen Zuma gehad het. In 2009 het die destydse direkteur van openbare vervolging, Mokotedi Mpshe, besluit om aanklagte teen Zuma te laat vaar, sowat ʼn maand voor hy as president verkies is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Brenda ·

HOEKOM verbaas niks van Zuma se korrupsie-aanklagte my nie (NKANDKA…????)? Hoekom verbaas dit my nie dat die ANC dit laat probeer VERDWYN nie??? Hoekom verbaas dit my nie dat die DE Doorns -optrede ‘n georkestreerde, betaalde en aangeryde sameswering is nie??? HOEKOM verbaas niks in die land my meer nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.