NVG sê oor Waterkloof-twee

Skermskoot uit die YouTube-video

Skermskoot uit die YouTube-video

Die NVG het Vrydag ʼn besluit gemaak oor die veroordeelde moordenaars Christoff Becker en Frikkie du Preez se parool.

“Becker en Du Preez se parool is teruggetrek en hulle moet ten minste vir nog ʼn jaar lank in aanhouding bly,” het Manelisi Wolela, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, gesê. Die twee kan oor ʼn jaar weer vir parool in aanmerking kom.

Becker en Du Preez is op 16 Februarie, ses dae nadat hulle op parool vrygelaat is, weer in hegtenis geneem toe ʼn video van ʼn beweerde selpartytjie aan die lig gekom het. ʼn Video van die twee mans wat na bewering alkohol en ʼn selfoon in ʼn tronksel by die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria gebruik, is op YouTube gelaai. Dit is onwettig om ʼn selfoon of alkohol in die gevangenis te hê.

Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt, die ander twee lede van die sogenaamde Waterkloof-vier, is op 11 Februarie op parool vrygelaat. Die vier is skuldig bevind op die moord van ʼn hawelose man in 2001.

Lees ook:
Aanval op Derby-Lewis glo te doen met Waterkloof-2
Waterkloof-twee: Korrupte tronkbewaarders dalk binnekort aangekeer
Waterkloof-2 voor paroolraad
Waterkloof-2 moet nog sit
Waterkloof-bewaarders gewaarsku
Facebook aan die gons oor twee van Waterkloof-4 wat weer agter tralies sit
Twee van Waterkloof-4 sal 72 uur aangehou word
Twee van Waterkloof-4 weer agter tralies
Video’s: Twee van Waterkloof-4 hou glo partytjie in tronk
Video: Waterkloof-4 op parool vrygelaat
Waterkloof-4 vrygelaat

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hettie Lotz ·

Die sogenaamde Waterkloof twee se ouers se geld kon nou nie meer praat nie. As jy kinders so in die verderf in wil bederf moet jy maar die skande wat nou na jou kant toe kom vat.
Mamma se seuntjie het gedink hy is groot meneer maar nou wag daar n jaar van hel op hom.
Wie is te blameer net die ouers.

Marietjie ·

Dit is so jammer ek voel ouers van Suid Afrika moet begin besef hulle moet ouers wees en nie vriende vir hulle kinders nie. So ook hulle
leer om verantwoordelikheid te vat vir hul eie dade.
Ek hoop werlik hier kan iets goed uitkom……..ons meer bid en minder praat.

Riaan ·

Dubbele standaarde?
Shabir Shaik oortree paroolvoorwaardes maar gaan nie terug tronk toe nie!

Erik Prinsloo ·

Nou kan ons sien/verstaan waarom die ander twee vroeer op parool (wat weer teruggetrek is weens druk) vrygelaat is. Het in tronk studeer en uitgekom en begin werk – bydra tot samelewing gelewer. Die Baviaanspoortmanne het geen onnodige aandag op hulself gevestig nie. Vraag: Een tronk se rehabilitasie en leiding dalk beter as ander s’n?

Annatjiie Joubert ·

Ai ai! Ja ne! As jy nie wil hoor nie moet jy voel het ons as kinders geleer. Party mense hou maar daarvan om aanhoudend “skoolgeld” te betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.