NVG soek na slagoffers van ‘kinderpornografie-netwerk’

André Stephen Botha se profielfoto op MXit. Foto: www.volksblad.com

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) probeer steeds nagenoeg 20 kinders opspoor wat glo slagoffers was van ʼn voormalige polisieman wat glo by ʼn kinderpornografie-netwerk betrokke was.

EWN berig dat die ondersoek steeds in ʼn vroeë stadium is en dat die kinders wat glo in pornografiese foto’s verskyn nog geidentifiseer moet word. André Stephen Botha (38), ʼn oudpolisieman van Durban, is in Augustus vanjaar in Johannesburg in hegtenis geneem. Botha was glo betrokke by ʼn uitgebreide en skokkende kinderpornografie-netwerk. Botha is Woensdag borg geweier in die hof vir seksuele misdade in Welkom. Die landdros het bevind dat Botha ʼn vlugrisiko is en dat hy probeer het om met die ondersoek in te meng. Hy moet weer op 24 Januarie in die hof verskyn. Botha het glo skokkende materiaal van kinderpornografie op die sosiale selfoonnetwerk MXit versprei. Van die kinders in die foto’s is glo so jonk as 5 jaar oud. Geen aanklag is nog aan Botha gestel nie. Hy is ʼn pa van ʼn 19-jarige dogter en 5-jarige seuntjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.