NVG swyg oor Pistorius-berigte

Reeva Steenkamp Foto: Boikhutso Ntsoko/SAPA

Reeva Steenkamp Foto: Boikhutso Ntsoko/SAPA

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) wou nie Donderdag kommentaar lewer oor berigte dat die staatsaanklaerspan poog om Oscar Pistorius se iPhone deur Apple te laat analiseer nie.

“Ons lewer nie kommentaar oor ondersoeke nie,” het Nathi Mncube, woordvoerder vir die NVG, gesê.

Volgens eNCA het bronne uit die staatsaanklaerspan bevestig dat hulle probeer om die selfoon te analiseer, aangesien Pistorius aanvoer hy kan nie die wagwoord vir sy iTunes-rekening onthou nie. Die staatsaanklaerspan het gevolglik nie toegang tot data op sy selfoon nie.

Pistorius se prokureur, Brian Webber, het aan eNCA gesê dit is nie die waarheid nie, en het ʼn brief voorgehou wat in Junie 2013 aan die staatsaanklaer Gerrie Nel gestuur is. Dié brief bevat glo Pistorius se iTunes-ID en -wagwoord.

Pistorius word aangekla van die moord op Reeva Steenkamp op Valentynsdag 2013. Sy verhoor sal na verwagting tussen 3 en 20 Maart in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor word. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

janene ·

Wat se zuma van die gesondheids departement in oos kaap se poste en nurses

janene ·

Wil graag ook weet waneer kry die Uitenhage provinsiaale hospitaal hulle agterstallige gelde nurses is moedeloos vir die ding omdat hulle nie betaal word vir nagskof gelde nie iewers is daar groot fout met die mense wat met hulle salarisse werk kry hulle baie jammer nou moet nurses werk en hulle werk so hard sonder oortyd gelde werk mos nie so nie. Daar is baie baie tekort aan skoonmakers en portiere maar daar gebeur niks nie help n bietjie sodat nurses hulle gelde kan kry tree baie vinnig asb in dringend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.