NFP verwelkom Mandela se tuiskoms

Nelson Mandela op 2 Junie 2009 Foto: Nelson Mandela-stigting/SAPA

Nelson Mandela op 2 Junie 2009 Foto: Nelson Mandela-stigting/SAPA

Die Nasionale Vryheidsparty (NFP) het saam met talle ander politieke partye oudpresident Nelson Mandela met sy tuiskoms verwelkom nadat hy Sondag uit die Medi-Clinic Harthospitaal in Pretoria ontslaan is.

Zanele KaMagwaza Msibi, die president van die NFP wat ook beweer sy het Mandela verlede maand in die hospitaal besoek, het gesê die nuus dat Mandela ontslaan is, is positief te midde van wydverspreide gerugte oor sy toestand. “Die wêreld en Suid-Afrika het steeds Mandela se wysheid nodig en ons is bly om te verneem dat hy uit die hospitaal ontslaan is. Ons wens hom ʼn spoedige herstel sodat hy kan aanhou om ʼn simbool van eenheid en versoening vir ons land en die wêreld te wees,” het Msibi gesê.

Maroela Media het vroeër berig Mandela is Sondagoggend uit die hospitaal ontslaan en het veilig by sy huis in Houghton, Johannesburg, aangekom. ‘n Groot groep joernaliste het buite die huis gewag om sy tuiskoms te aanksou. Daar was ook ‘n polisie-teenwoordigheid.

Die presidensie het Sondagoggend bevestig dat Mandela uit die hospitaal ontslaan is nadat hy op 8 Junie opgeneem is vir ‘n herhalende longinfeksie.

Lees ook:
Mandela ontslaan, terug by die huis
Presidensie ontken dat Madiba ontslaan is
Mandela moontlik terug by die huis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Seg Net ·

Die wêreld en Suid-Afrika het steeds Mandela se wysheid nodig. Ek glo nie die lewende lyk weet waar hy is of wat om hom aangaan nie. Sit die Witman se uitvindsels, waaraan hy gekoppel is af en kyk of die voorvaders hom aan die lewe kan hou. Lyk my hulle wil hom ook nie by hulle hê nie.

JAVR ·

Hie hie dis soooo waar! Maar wys jou net alles wat die witman uitvind werk en weet nie hoe om te strike nie!

Trippie ·

Jy’s reg JAVR, maar ek gaan in dié opsig van jou verskil – hierdie spesie sal tot ‘n rol doringdraad deur hul g*tte trek om dit te laat “strike” ! ;)

Trippie ·

Aan gesien daar joernaliste was by sy huis, waar is die BEWYS (foto gister geneem) dat hy ontslaan is – bewyse, bewyse, bewyse !

“Die wêreld en Suid-Afrika het steeds Mandela se wysheid nodig …”

Watse wysheid het Suid-Afrika en die wêreld nodig van ‘n kommunis ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.