Nwanedi-oord se stropers gevonnis

Nwanedi-oord, Limpopo

Drie mans is Donderdag gevonnis vir renosterstropery in Polokwane, Limpopo.

“Augustus Nkuna, Foster Nyoni en Manyanga Shiringa van Mosambiek is Woensdag deur die streekshof in Makhado (voorheen Louis Trichardt) tot vyf jaar tronkstraf gevonnis,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle is ook ‘n 12 maande opgeskorte vonnis opgelê.”

Die mans is in Mei 2012 in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes hulle by die Nwanedi-oord vasgetrek het.

Intussen is vyf vermeende stropers in Gravelotte aangekeer nadat die polisie ‘n wenk ontvang het. “Die vyf wou ‘n privaat-wildreservaat betree en renosters stroop,” het Mulaudzi gesê. Die polisie het beslag gelê op ‘n jaggeweer, twee slagtersmesse en twee voertuie. Die mans sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Phalaborwa verskyn.

Mulaudzi sê agt mense is vandeesweek vir renosterstropery in hegtenis geneem. Drie mans is Sondag onderweg na Hoedspruit om vermoedelik renosters te stroop, aangekeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.