NWes-premier spandeer R1,3 m op motor

Thandi-Modise

Thandi Modise

Thandi Modise, premier van Noordwes, het R1,3 miljoen op ʼn nuwe motor spandeer ondanks die feit dat die kabinet vroeër buitensporige besteding op luukse voertuie verbied het, berig die Sunday Times.

Raymond Elisha, LUR vir vervoer in Noordwes, het bevestig dat die premier ʼn nuwe BMW 750i gekoop het. Elisha het aan die koerant gesê dat die premier geen wette oortree het met die aankoop van die motor nie. “Die motor is in ooreenstemming met die ministeriële handboek gekoop waarvolgens ʼn motor ter waarde van 70% van die haar salaris gekoop kan word.” Pravin Gordhan, minister van finansies, het in Oktober vanjaar opdrag gegee dat ministers, LUR’s en premiers voertuigaankope moet beperk. Elisha sê die premier se besluit om ʼn nuwe motor te koop is geneem voor Gordhan die besparingmaatreëls aangekondig het. “Al wat ek weet is dat ek ʼn motor gebruik het wat permanent herstel moes word en uiteindelik is daar vir my gesê ons koop ʼn nuwe motor,” het Modise gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ria Maritz ·

Waarom so duur motor ? Selfs die gedagte aan ‘n R500 000 se motor is buitensporig, maar ja, solank die belastingbetaler dit betaal, is dit LEKKER ! OF NIE !!!!

Ivan ·

So nou kan hulle dan maar almal omdraai en se die besluit om nuwe voertuie aan te skaf was alreeds lank terug geneem voordat die wet afgekondig is, so dis nie van toepassing nie.
Dis BELAGLIK KORRUP.

Peter Says ·

Waar is die goeie ou dae, waar n Golfie goed genoeg was vir n minister ???

Ria Maritz ·

Verby, vir ewig verby – elkeen wil in ‘n blink, nuwe, spoggerige, swart motor gesien word.

Marlene ·

Sy kan ‘n motor ter waarde van 70% van die haar salaris koop. Nou kan ons uitreken wat sy verdien!!!! Wow, met daardie geld kan ek aftree!!!!

Willie - willie - luister nie ·

Help dit nog om mens teen hierdie soort van vergrype uit te spreek. Sal nie omgee om alleen ‘n draai of twee met die ou karretjie te ry nie, die nommerplaat verseker mos darem vrywaring teen spoedboetes

Marie ·

Dis hoekom ek nie een kan koop nie……want my geld gaan na hierdie te vet cats!!! Veral die vroue is so dik, hulle ry die voertuie letterlik in hul maai in! Ek is al klaar boos en die jaar het skaars begin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.