NWU-raad: ‘Ons sal nie menseregteskendings duld nie’

1723090_10152275642579406_613566819_nDie Raad van die Noordwes-Universiteit (NWU) het vandag na afloop van ʼn buitengewone vergadering van die uitvoerende komitee gesê hy sal nie menseregteskendings duld nie.

Louis Jacobs, woordvoerder van die NWU-raad, sê die NWU-raad se uitvoerende komitee is op Donderdag 20 Februarie ingelig oor die kwessies wat gelei het tot die onlangse artikels in die media. Dit sluit onder andere in die skorsing van twee huiskomitees van koshuise op die Potchefstroomkampus, die beweerde saluering deur eerstejaarstudente in ʼn Nazi-agtige-styl, en die moontlike skending van eerstejaarstudente se menseregte voortspruitend uit sogenaamde ontgroeningspraktyke. “Tydens vandag se vergadering het die UK beraadslag oor die implikasies van die artikels vir die reputasie van die universiteit, en besluit om te wag vir die interne dissiplinêre verslae wat nog gefinaliseer word ná ʼn interne ondersoek deur die NWU se regskantoor.”

Jacobs sê die UK het versoek dat daar so gou as moontlik ʼn buitengewone NWU-raadsvergadering gehou moet word. Hy sê die komitee het ook kennis geneem van die strategieë wat voorgestel is deur die kampusbestuur van die Potchefstroomkampus om die situasie in die tussentyd te bestuur. “Hierdie strategieë sluit in: Die skep van ʼn blog deur die kampusrektor om samesprekings met interne belanghebbers aan te moedig; die totstandbrenging van ʼn komitee onder voorsitterskap van ʼn onafhanklike kundige en bestaande uit ander relevante rolspelers om die kwessies en voorstelle te bespreek wat op die blog geopper word, om met addisionele kwessies en voorstelle vorendag te kom en om aanbevelings aan die kampusbestuur te maak, en die aanstel van ʼn bedryfsielkundige in die kantoor van die studentedekaan om studentestrukture met hierdie kwessies en met studentedissipline in die algemeen behulpsaam te wees.”

Lees ook:
Puk-groet: NWU-bestuur moet dringend afgedank word – HETN
Premier reageer op Puk-groet
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet: ‘n G*tslag vir Afrikaans?
Puk-rektor sê oor ‘Nazi-saluut’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

SANETTE ·

Ek dink die Rektor, Dekaan en Noordwes Universiteit kan eerder die tyd wat hul aan die saluut gemors spandeer gebruik om intensief onder student te werk aangaande die volgende:
Drank misbruik in baie gevalle ernstig
Dwelm misbruik
Wanaangepaste student
Ja daar is oral sulke problem los dit eerder op as om ure te vermors op n kamtige groet wat menswaardigheid skaad. Nee kyk die Primier, HETM ens soek n stok om mee te slaan en Beeld het toe een gegee. Die student lag vir die belaglikke aantuigings en meeste ouers dink die saluut word uit verband geruk want dan is die saluut van Suid Sfrikaans Weermag ook skending van mense regte want dit het onstaan uit apartheidsjare Komaan Puk Bestuur moenie swig vir belaglikke aantuigings nie. Tans by UJ en Kovsies gebuer sake wat regtig ernstig is en meer skade berokken as net n saluut tussen koshuise. Of is al die ewe skielikke nuus by universiteiete daar om so wit bestuur en dosente te prober afdank Vra maar net

SANETTE ·

Maroela Media waarom nader jul nie ouers van huidige studente en vra hul seining Glo my amper alle ouers sal kommetaar lewer wat al die aantuigings as belaglik beskou Ja ek is ook n ouer en my kinders is ook daar en het ook deur vdie 1ste jaar tydperk gegaan en is beslis nie geskend of te nagekom deur enige optrede van senior studente nie My kinders se woorde “Die 1ste jaar inlyf tydperk was n fees! Dit het ons deel laat voel van PUKKE en ons leer geesvang op Pukke manier” Nou ja geen kommetaar nodig na ek hul seining gehoor het nie

Willie Jansen van Rensburg ·

Laat diegene waarvan die sogenaamde menseregte geskend is na vore kom en self hul klagtes lê. Adriaan Basson en sy geprogrameerde joernaliste is eintlik net arme pionne in die hande van die magte wat nie hou van die Afrikaanse karakter van die PU-kampus nie.

Adriaan, die studentepret is jou nie meer beskore nie. Kyk na die akademiese rekord van die PUK-kampus en lewer beriggewing daaroor.

Christina Swart ·

Die groet is nie eers naastenby ‘n Nazi saluut nie, en wat van party mense se gebalde vuiste, is dit dan nie ook menseregteskending nie. Hulle mors kosbare tyd met simpel argumente

Christina Swart ·

Die groet is nie eers naastenby ‘n Nazi saluut nie. Hulle mors kosbare tyd met simpel argumente

Dan ·

Die Raad van die NWU is nou vinnig om te sê hulle sal nie “menseregteskendings” duld nie, nadat daar nou polemiek is oor hierdie simpel voorval wat nie eens werd is om oor berig te word nie. Maar ek het nog nooit gehoor dat die Raad van die NWU, of van enige ander universiteit, hom uitspreek teen die onophoudelike moorde en aanvalle teen blankes nie. Of teen die sangers van “kill the boer kill the farmer” faam nie. Ek neem aan hul beskou dit nie as menseregteskendings nie.

Oud-Puk ·

Twee gedagtes: 1. Die Regering moenie van jong studente verwag om die herkoms van die Hitler-saluut te ken as hul self die vak Geskiedenis in die skole tot die geskiedenis van die ANC getransformeer het nie. Gaan maak maar enige Matriek Geskiedenis-handboek oop.
2. Hoe aanvaarbaar is die uitgestrekte arm met die gebalde vuis as dit by menseregte kom? ‘n Gebalde vuis voorspel komende twis, rusie, onmin, oorlog, haat. Baie van ons neem aanstoot aan hierdie kommunistiese simbool, maar dit word op elke ANC-byeenkoms gedemonstreer.

Vee eers voor jul eie deur. Die land het wragtig baie groter en leliker probleme as ‘n 70-jaar gelede se “Nazi-saluut”.

Leonard Welthagen ·

Wat ‘n tragiese dag in die Geskiedenis van die Afrikanervolk. Weereens swig ons voor die ANC se sogenaamde menseskendingsregte wette. Net hulle regte word geskend, nie die blanke Afrikaner student nie. Ons dogters mag maar op kampus verkrag en ons seuns aangerand word, maar laat ons dit net waag om iets te sê. Ek sou my dogter na die Pukke gestuur het, nou weet ek nie meer waarheen nie. Die nasie gaan weer ons kampusse oorvat en alle Afrikanertradisies vernietig, dit is mos hulle hoofdoel in die land. Gelukkig slaap ons Hemelse Vader nie, hul dag sal kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.