Nzimande versoek vreedsame studente-betogings

'n Werker by die Durban Universiteit vir Tegnologie is Woensdag beseer tydens 'n gewelddadige studentebetoging. Foto: G Stolley / SAPA

‘n Werker by die Durban Universiteit vir Tegnologie is Woensdag beseer tydens ‘n gewelddadige studentebetoging. Foto: G Stolley / SAPA

“Die departement erken die reg van studente om nie-gewelddadige betogings te hou,” het hy Donderdag aan verslaggewers in Pretoria gesê.

Nzimande se versoek volg nadat daar ʼn vlaag van betogings by kampusse regoor die land plaasgevind het van studente wat ontevrede is met die nasionale studentefinansieringshulpskema (NSFAS). Die aanvraag na finansieringhulp is groter as wat beskikbaar is vir befondsing.

Die minister het gesê hy hoop vergaderings tussen sy departement en belanghebbendes sal help om die probleem uit te sorteer.

“Ek veroordeel ten sterkste enige gewelddadige optrede en versoek dat studente hul daarvan weerhou.”

Nzimande het gesê hy is bekommerd oor die ontwrigting van lesings, aangesien dit ʼn probleem vir nuwe studente en hul ouers veroorsaak. Hy het gesê sy kantoor sal steeds die situasie monitor en sal die instellings, studente en ouers bystaan.

Hy versoek ook die universiteite om studente met waardigheid en respek te behandel, en die nodige ondersteuning te bied in die hantering van die registrasieproses en finansiële bystand.

“Ons moedig alle rolspelers aan om konstruktief by mekaar betrokke te raak om ‘n gladde registrasieproses te verseker. Ons moet nie toelaat dat die uitdagings wat ons in die gesig staar ‘n negatiewe invloed op die registrasieproses het nie,” het hy gesê.

Hy het studente ook versoek om betogings as ‘n laaste uitweg te gebruik. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Ou Blade maar hoe praat jy nou ou grote, dis mos julle styl die … of verstaan ek verkeerd?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.