“OB-bevindings sal nie 2014-verkiesing beïnvloed”

Die Openbare Beskermer se verslag wat Maandag bevind het dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se voorsitter, adv. Pansy Tlakula, skuldig is aan onbehoorlike gedrag en wanadministrasie, sal glo nie ʼn invloed op volgende jaar se nasionale en provinsiale verkiessings hê nie.

“Verskeie mylpale is alreeds behaal en personeel is reeds identifiseer en opgelei en die fokus is nou op die verkiessingsregistrasienaweek in November 2013,” het Terry Tselane, die OVK se adjunkvoorsitter, Maandagaand in ʼn verklaring gesê.

Hy het beklemtoon dat adv. Thuli Mandonsela, die Openbare Beskermer, se verslag “hoegenaamd nie” 2014 se verkiesings sal beïnvloed nie.

“Die OVK wil alle politieke partye, die Suid-Afrikaanse kiesers en internasionale vennote gerusstel dat die kommissie hom steeds verbind tot die handhawing van hoë standaarde as ‘n toonaangewende leier in ʼn demokratiese verkiesing,” het Tselane gesê. “Die kommissie is vol vertroue dat die voorbereidings voldoende en in ʼn gevorderde stadium is om weereens ʼn suksesvolle verkiesing te bestuur sodra president Jacob Zuma die datum daarvan bekend maak.”

Mandonsela het Maandag aanbeveel dat die parlement moet oorweeg om stappe te doen teen Tlakula vir haar “erg onreëlmatige” rol in die verkryging van die Riverside Office Park-gebou in Centurion vir die OVK se hoofkantoor. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Henrietta Klaasing ·

‘n Wyse ou oom het eenkeer gesê: “As jy kan steel, kan jy lieg ook”, bedoelende: as jy op een plek “sonde” kan pleeg, kan jy dit ewe maklik op ‘n ander plek ook pleeg. Bestaan die woorde “integriteit” en “onkreukbaar” OOIT in hierdie mense se woordeskat???

a.lombard ·

Al die gevalle die openbaar gemaak word is so veel dat indien al hierdie persone geskors word, is daar weinig werkers oor. Hierdie persoon MOET afgedank word, so iemand kan nie in hierdie spesifieke pos aanbly nie.
As persone in die heilige stad MEKKA steel word hulle hande afgekap, ongelukkig kan ons nie hierdie praktyk toepas nie, want dan is meer as 70% van die inwoers sonder hande!

In hierdie spesefieke geval is afdanking noodsaaklik met die oog op die verkiesing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.