OB hersien ‘olieskandaal’

Die openbare beskermer, Thuli Madonsela. Foto: GCIS

Die openbare beskermer, Thuli Madonsela, is besig met ‘n hersiening van die sogenaamde olieskandaal, berig die New Age.

Madonsela het aan die dagblad gesê die saak word hersien maar dat die ondersoek nog nie ten volle heropen is nie. Die olieskandaal het in 2003 aan die lig gekom toe die staatsbeheerde PetroSA ‘n voorskot van R15 miljoen gegee het aan die sakeman Sandi Majali se maatskappy Imvume Resources. Imvume het die oorskot gevra vir ‘n olietransaksie. Sowat R11 miljoen hiervan is egter aan die ANC gegee vir sy verkiesingsveldtog. Majali is in Desember verlede jaar dood in sy hotelkamer in Sandton aangetref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.