OB kry uiteindelik Nkandla-inligting

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Adv. Thuli Mandonsela, die openbare beskermer (OB), het uiteindelik die inligting ontvang wat sy benodig het om haar Nkandla-ondersoek te voltooi.

“Mandonsela bevestig dat sy die inligting wat sy aangevra het om haar Nkandla-ondersoek te voltooi, ontvang het. Die ondersoek handel oor beweerde onbehoorlike gedrag en wanadministrasie met betrekking tot sekuriteitsinstallasies en opgraderings aan die private woning van president Jacob Zuma in Nkandla,” het Kgalalelo Masibi, die OB se woordvoerder, in ʼn verklaring gesê.

“Die terugvoer wat ontvang is, sal ontleed word en by die voorlopige verslag bygewerk word. Na afloop van die voorlopige verslag sal die OB dit met die betrokke partye deel om hul kommentaar te kry, voor dit bekend gemaak gaan word,” het Masibi gesê.

Mandonsela het verlede maand aangedui dat sy vir uitstaande inligting wag om haar ondersoek te voltooi. Sy het die betrokke party tot 30 September tyd gegun om die inligting te verskaf.

Madonsela se verslag gaan hopelik lig werp op die meer as R200 miljoen wat bestee is aan opknappingswerk by Zuma se private woning by Nkandla in KwaZulu-Natal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Ek is darem bly om te sien daar is nog iemand vir wie die ANC bang is! Good for you Thuli! Ons wag in spanning vir daai verslag ek hoop dit gaan die einde van Zuma se geld vermorsing beteken

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.