OB: Malema is deur tender bevoordeel

Julius Malema

Adv. Thuli Madonsela, openbare beskermer, het Woensdag bekend gemaak dat die toekenning van ‘n tender aan On-Point Engineering, ʼn maatskappy wat met Julius Malema verbind word, onwettig was.

“Die tender, wat deur die departement van vervoer in Limpopo aan On-Point toegeken is, was onwettig, onvanpas en kom neer op wanadministrasie,” het Madonsela gesê. Sy het bevind dat On-Point en Malema, geskorsde leier van die ANC-jeugliga, onbehoorlik deur die kontrak bevoordeel is. Malema se sakevennoot, Lesiba Gwangwa, is uitvoerende hoof van On-Point. Madonsela het bevind dat die departement nie die korrekte riglyne gevolg het in die toekenning van die tender nie. Sy het verder bevind dat die departement teen einde Junie 2012 reeds meer as R43 miljoen aan On-Point betaal het. “Die aandeelhouers van On-Point, insluitend die Ratanang familietrust, het onbehoorlik by die tender aan On-Point gebaat.” Malema is die enigste begunstigde van die Ratanang familietrust.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.