OB ondersoek Derby-Lewis-parool

Clive Derby-LewisDie kantoor van die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, het bevestig dat sy ondersoek in stel na die kwessie rakende Clive Derby-Lewis se mediese parool.

Madonsela het aan die openbare uitsaaier gesê dit word as ‘n “vroeë resolusie saak” behandel. “Die manier waarop ons sake hier hanteer, is dat ek my ondersoekende of dispuut resolusie magte kan gebruik,” het Madonsela gesê. Die 75-jarige Derby-Lewis het reeds 18 jaar tronkstraf uitgedien na hy in 1993 skuldig bevind is vir sy aandeel in die moord op die voormalige SAKP-leier, Chris Hani. Derby-Lewis en sy medebeskuldigde, Janus Walusz, is aanvanklik die doodstraf opgelê. Hulle is lewenslank tronk toe gestuur nadat die doodstraf in 1995 afgeskaf is. Derby-Lewis en Walusz is in Augustus vanjaar parool geweier aangesien Hani se familie glo nie oor die aansoek geraadpleeg is nie. Derby-Lewis se vrou het vroeër ʼn klag by die openbare beskermer ingedien oor die proses rondom sy paroolaansoek. Die departement van korrektiewe dienste het egter vroeër gesê hulle het nog geen aansoek om mediese parool van Derby-Lewis ontvang nie. Die SAKP het Derby-Lewis se paroolaansoek beskryf as ’n “desperate poging om uit die tronk te kom sonder om verantwoordelikheid vir sy dade te neem”. Derby-Lewis is reeds verskeie kere vanjaar vir prostaat- en velkanker behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.