OB ontken mediaberig oor Nkandla

Zuma se Nkandla-woning

Zuma se Nkandla-woning

Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB), het haar gedistansieer van die Mail & Guardian-berig van Vrydag wat beweer dat president Jacob Zuma wel persoonlik by opgraderings aan sy Nkandla-woning in KwaZulu-Natal gebaat het, ondanks die regering wat volhou dat die opgraderings noodsaaklik was vir Zuma se veiligheid.

Kgalalelo Masibi, Madonsela se woordvoerder, het gesê die inligting wat gepubliseer is, kan nie deur die Openbare Beskermer se kantoor geverifieer word nie.  “Ons kan nie kommentaar lewer oor die inhoud van die artikel nie, want dit kom nie amptelik van die OB af nie,” het Masibi gesê.

Volgens die koerant is die inligting vervat in Madonsela se voorlopige verslag oor die opgraderings by Nkandla. Die regering hou vol dat die opgraderings noodsaaklik was vir Zuma se veiligheid, maar Madonsela het glo bevind dat ʼn swembad, besoekerssentrum, amfiteater, ʼn kraal, ʼn markiestent terrein, plaveisel en nuwe huise vir familielede ook deel uitgemaak het van die opgraderings teen ʼn “enorme koste” vir die belastingbetaler. Lees meer hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Henko ·

Dalk word sy afgedreig ten einde haar posisie te behou, andersins, waar daar ‘n rokie is, is ‘n vuurtjie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.