OB praat vandag oor Nkandla-verslag

Adv. Thuli Madonsela tydens 'n vorige perskonferensie oor die Nkandla-verslag. Foto: Werner Beukes / SAPA

Adv. Thuli Madonsela tydens ‘n vorige perskonferensie oor die Nkandla-verslag. Foto: Werner Beukes / SAPA

Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB), het ʼn perskonferensie vir Woensdagmiddag gereël om die pad vorentoe te bespreek nadat die voorlopige Nkandla-verslag uitgelek het.

Die ANC het Madonsela Dinsdag versoek om haar verslag oor die sekuriteitsopgraderings by Nkandla publiek te maak.

“Ons is besorg oor die gereeldheid waarop voorlopige verslae van die OB uitlek,” het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, gesê. “Die ANC dring ook daarop aan dat die finale verslag baie dringend vrygestel sal word.”

Mantashe het gesê die volle verslag moet publiek gemaak word, aangesien net sekere gedeeltes van die verslag in die media verskyn, en ʼn algehele opinie nie geskep kan word nie. Hy sê die gedeeltelike inligting, wat uitgelek het en in die media verskyn het, plaas die president in ʼn slegte lig.

Lees ook: ANC wil Nkandla-verslag vrystel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Henko ·

Thuli het haar goed van haar taak gekwyt. Die feit dat Jacob Zuma in ‘n slegte lig gestel is, het hy oor homself gebring. Die vrou se integriteit behoort nie in twyfel getrek te word nie.

mariaan ·

Eienaardig dat die verslag eers “gelek” het nadat dit aan die ministers oorhandig is. Terwyl dit by Thuli was, was daar geen ongerymdhede nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.