OB sal reaksie op Nkandla-verslag oorweeg

Adv. Thuli Madonsela tydens Woensdag se perskonferensie. Foto: Werner Beukes / SAPA

Adv. Thuli Madonsela tydens Woensdag se perskonferensie. Foto: Werner Beukes / SAPA

Adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB), se span gaan die ministers van die veiligheidsgroepering se reaksie ontleed nadat sy vroeër haar verslag oor die R206 miljoen-opgraderings by Nkandla aan hulle oorhandig het.

Sy het die media Woensdag tydens ʼn perskonferensie van die Nasionale Persklub in Pretoria toegespreek. “As hulle reaksie redelik is, kan die verslag gewysig word,” het Mandonsela gesê. “Ek sal die ministers nooi om veiligheidskenners in die regering te nomineer om met my span te vergader. Kwessies wat betwis word kan dan bespreek word sonder om die verslag aan hulle te wys. Daarna sal ek self daar deur werk en besluit wat volgende gedoen moet word.”

Ministers van die veiligheidsgroepering het ʼn 28-bladsy lange reaksie oor die OB se ondersoek oor die Nkandla-verslag ingedien. Sy het dié reaksie Vrydag van Nathi Mthethwa, die minister van die polisie, ontvang.

Mandonsela het ook gesê sy sal die kwessies, wat hierin aangespreek word, met onafhanklike kenners bespreek. Die finale verslag sal dan aan al die betrokke partye oorhandig word.

Intussen het die veiligheidsgroepering gesê hulle neem kennis van die prosedure wat die OB se span nou met die voorlopige verslag en die reaksie daarop gaan doen. Die groep het gesê hulle respekteer die rol van die OB en verbind hulle daartoe om hul samewerking te gee om die proses op ‘n konstruktiewe wyse verder te voer wat in belang is van die publiek en vir nasionale veiligheid.

Nkandla is pres. Jacob Zuma se privaatwoning in KwaZulu-Natal.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.