OB se ondersoek na Malema op ys geplaas

Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela. Foto: GCIS

Die Sunday Independent berig dat verskeie ondersoeke na korrupsie, insluitend die van die ANC-jeugligaleier Julius Malema, op ys geplaas is weens ʼn geldtekort.

Die Openbare Beskermer (OB), Thuli Madonsela, het aan die Sondagkoerant bevestig dat beamptes van haar kantoor die week met die nasionale tesourie sal vergader om aansoek te doen vir “noodbefondsing” van R30 miljoen om die ondersoeke voort te sit. Volgens wetgewing mag Madonsela ander staatsliggame soos die Valke om hulp versoek. Sy sê egter die ondersoekafdelings se geld is ook te min.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.