OB sê oor Nkandla-verslag

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), het Vrydag aangekondig dat die datum van die vrystelling van haar Nkandla-verslag, volgende maand aangekondig gaan word. Die verslag behels haar bevindinge na haar ondersoek oor meer as R206 miljoen se opgraderings aan president Jacob Zuma se privaatwoning in Nkandla in KwaZulu-Natal.

“Mandonsela het Donderdag ingestem om die spertyd te verleng vir partye wat op die verslag moet reageer, ná ʼn versoek van een van die partye,” het Kgalalelo Masibi, die OB se woordvoerder, gesê. “Die res van die partye is versoek om by die oorspronklike spertyd te bly om verdere vertragings te voorkom.”

Die vrystellingdatum sou na verwagting op 9 Februarie aangekondig word. Die betrokke partye wat op die OB se voorlopige verslag moet reageer is aanvanklik tot 24 en 28 Januarie gegun vir hul kommentaar. Volgens Masibi sal die vrystellingdatum nou eers later in Februarie bekend gemaak word.

Madonsela het die publiek versoek om geduldig te wag vir die vrystelling van die finale verslag.

“Dit is slegs billik dat die partye wat betrokke is genoegsame tyd het om te reageer op my bevindinge, voor die finale verslag opgestel en aan die publiek bekend gemaak word,” het sy gesê.

In Desember het Madonsela gesê sy hoop om die verslag teen die einde van 2013 vry te stel. Sy het destyds beweringe ontken dat sy die vrystelling van die verslag vertraag om vanjaar se algemene verkiesing te beïnvloed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

william ·

Ek wonder of daar iets gaan kom van die regering se aandadigheid van die diefstal van belastingbetalers se geld?Zuma het al voorheen weggekom.

VerVanRyn ·

Hierdie is nou net ‘n vertraging om te verseker dat ou Stortkop nie in die sop beland voor die verkiesing nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.