OB soek antwoorde ná man glo sterf weens laat ambulans

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Beweringe dat ʼn bejaarde man van Oos-Londen dood is omdat hy vir langer as vyf ure vir ʼn ambulans moes wag, gaan deur die Openbare Beskermer (OB) se kantore ondersoek word.

Die man se vrou het Woensdag ʼn klag by die OB, adv. Thuli Mandonsela, ingedien toe sy ʼn verrassingsbesoek aan die Frere-hospitaal afgelê het, het Kgalalelo Masibi, die OB se woordvoerder, gesê.

Die bejaarde vrou sê hulle het Dinsdag omstreeks 12:00 ʼn ambulans ontbied, maar teen 17:00 het daar nog nie een opgedaag nie. Die vrou sê sy is herhaaldelik gerus gestel dat ʼn ambulans onderweg is. Teen 17:00 het die gesin ʼn voertuig gehuur om die man na die hospitaal te neem, waar hy later gesterf het. Die bejaarde se naam en die oorsaak van sy dood is nie bekend gemaak nie.

“Die nooddienste moet ondersoek instel hoekom ʼn ambulans nooit by die huis opgedaag het nie, selfs al het die oproepsentrum se agente die vrou verseker dat een op pad is,” het Mandonsela gesê.

Sy het ook gesê die hospitaal moet ondersoek instel of die man se lewe gered kon word as ʼn ambulans vroeër opgedaag het.

Mandonsela se besoek was deel van haar kantoor se “nasionale belangegroep-dialoog” wat volgende week op Gauteng gaan fokus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Willy ·

Daardie enigste ambulans wat nog kon beweeg het was seker gebruik as ‘n taxi in daardie tyd.

Seg Net ·

Daar was seker te veel mense wat van die ambulans gebruik gemaak het. Dit dien mos deesdae as taxi’s en om inkopies te gaan doen. Is 24/7 besig.

Peter Bezuidenhout ·

Een tree vorentoe is vooruitgang…maar al wat ek sien is tien tree agteruit…elke dag gebeur dit in ons land ???

brampie ·

Dit gebeur soveel keer. Ons het eendag ‘n ambulans laat kom vir ‘n tannie wat ‘n beroerte gehad, siestog sy was vreeslik deurmekaar en kon glad nie sien na die beroerte nie. Agt ure later het ons nog steeds gewag. Met die tyd van die oproep, 9 uur in die oggend het Medi Kliniek gese die ambulans is oppad, twee ure later toe ons weer bel, is daar gese dat dit oppad is Malmesbury toe, moet iemand gaan aflaai het by Swartland hospitaal en oppad terug sal dit die vrou kom oplaai in Riebeek Kasteel en dan Paarl toe neem, een uur, twee uur later het ons al begin planne maak om die vrou in ‘n kar te kry, maar sy was so verboureerd, dat mens nie aan haar kan raak nie. 17:30 stop die ambulans uiteindelik voor die huis, hulle moes eers lunch vat en petrol ingooi en niemand het vir hulle gese dat dit ‘n noodgeval was nie, was die verskoning wat oms gekry het. Die vrou is uit haar selfsorg eenheid uit gesit want sy kon nie meer loop of sien na die beroerte nie en is tant in ‘n ouetehuis mer 24 uur sorg, ons is vas oortuig dat as sy vroeer by ‘n hospitaal uit gekom sou dinge anders gewees het. Die treurigste van als was toe sy by die hospitaal aankom, ‘n spul papiere wat eers moes uit gevul raak en toe mag sy eers toegelaat word, nog drie ure later was die dokter nog nie daar nie. Ons is toegelaat om haar te sien en dit was die vreeslikste ding, hulle het haar op ‘n koue plastiek oorteksel neer gesit, bed onopgemaak, ons moes vra vir komberse. Sy het haar broekie in die ambulans nat gemaak oppad hospitaal toe en hulle het toe nog nie eers daarna omgesien nie. Treurige diens in alle opsigte. Dis nou hoe mens jou 87 jarige bejaardes behandel, maar dis mos waarna ons mediese sorg heen is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.