OB verdedig uitgelekte Nkandla-verslag

Thuli Mandonsela Woensdag in Pretoria. Foto: JacaNews / Twitter

Thuli Mandonsela Woensdag in Pretoria. Foto: JacaNews / Twitter

Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB), het haarself Woensdag verdedig teen gerugte dat haar kantoor ʼn voorlopige verslag oor president Jacob Zuma se Nkandla-woning uitgelek het.

“Volgens die nuusberig het twee senior amptenare van die veiligheidsgroepering die outeur [van die berig] ingelig dat ek [Madonsela] die president vrygespreek het,” het Madonsela aan joernaliste in Pretoria gesê. Madonsela het daarna ontken dat sy enigsins die president vrygespreek het.

Sy het verduidelik dat die media tans twee weergawes van die verslag in hul besit het. “Wat is die kans dat ek twee weergawes van die verslag sou hê? Vyf afskrifte van die voorlopige verslag is elektronies aan die ministers oorhandig. Een van die ministers het ‘n wagwoord ontvang om met die ander te deel. ‘n Regter het ook ʼn afskrif van die verslag op ‘n streng vertroulike basis ontvang,” het Madonsela gesê. “Die verslag is ook by die hof ingedien. Die ministers het gesê hulle het die verslag aan ‘n span kundiges gegee.”

Madonsela sê haar finale verslag is nog nie gereed nie en sy beplan om dit in die tweede week van Januarie vry te stel. Sy sê die voorlopige verslag, waaroor Mail & Guardian beskik, is nie deur haar kantoor uitgelek nie.

Die verslag handel oor haar ondersoek na die R206 miljoen sekuriteitsopgradering by Zuma se private Nkandla-woning in KwaZulu-Natal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Wel ek moet se as ek enigsins een van die mense is wat die verslag gekry het en ek het iets teen Zuma en die wyse waarop dinge gedoen word, sou ek wraggies ook die verslag gelek het. Dit is tyd dat die belastingetalers weet wat aangaan met Nkandla. Hoe weet die ministers dit is nie een van hul werknemers vir wie die verslag deur hulle gegee is om gelees te word nie?

Henko ·

Wel, dis goed dat dit uitgelek het. Ek sien steeds geen rede om haar integriteit in twyfel te trek nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.