Obama glo nie welkom in SA nie

Amerikaanse president Barack Obama

Sommige vakbonde, politieke partye en burgerlike organisasies het Barack Obama, president van Amerika, se besoek aan Suid-Afrika Sondag veroordeel.

“Ons keur die besoek van die Amerikaanse president af en alle mense wat geregtigheid en vrede aankleef sal daarteen betoog,” het die organisasies in ʼn gesamentlike verklaring gesê. “Vriendskap met Suid-Afrika moet gebaseer wees op waardes van geregtigheid, vryheid en gelykheid, en die Amerika het hierdie waardes ondermyn en verspotlik gemaak deur sy dade op die globale front.”

Die verklaring is deur die National Union of Metalworkers SA (Numsa), die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP), die Young Communist League of SA, die SA Students’ Congress, die Muslim Students’ Association, die National Education, Health and Allied Workers’ Union, die vakbondfederasie Cosatu, die Friends of Cuba Society, Boycott, Divestment and Sanctions against Israel in SA, en die Wêreldfederasie van Vakbonde uitgereik.

“Ons verwerping is op Amerika se arrogante, selfsugtige en onderdrukkende buitelandse beleid, behandeling van werkers en internasionale handelsverhoudinge gebaseer,” lui die verklaring.

Obama se besoek later vandeesmaand sal sy eerste besoek aan Suid-Afrika wees sedert hy as president verkies is.

Die groep hou glo ʼn betoging op 28 Junie van die Uniegebou na die Amerikaanse ambassade in Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HELENA SEABORNE ·

ons het genug van hulle hier wat ons mooi land opfok, laat hy sy eie land gaan opfok. wat wil hy hier kom maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.