Obama se besoek aan SA dalk van baan – AFP

President Barack Obama

Pres. Barack Obama se beplande besoek aan Suid-Afrika kan in die gedrang kom, sou oud-pres. Nelson Mandela nou te sterwe kom, berig Stephen Collinson van AFP, wat oor die president se besoek aan Afrika verslag doen.

Obama het Woensdagaand in Senegal aangekom, en sal Donderdag per veerboot ‘n besoek aan Goree-eiland bring waarvandaan talle slawe uit Senegal na die Nuwe Wêreld verskeep is. Obama se vrou, Michelle, is ‘n nasaat van eertydse slawe.

Collinson skryf Obama se ondersteuningspersoneel kan dalk gedwing word om die bepanning vir die besoek aan Suid-Afrika op te skeur, sou Mandela sterf. Hy berig dat Mandela se familie bevestig het dat Madiba nou op lewensondersteuningsapparaat is.

Obama is geskeduleer om Vrydag in Suid-Afrika aan te kom, maar ‘n besoek aan Mandela, wat hy as sy held beskryf het, is nie op die agenda nie. Mandela en Obama het mekaar in 2005 ontmoet toe Obama pas tot senator verkies is. Hulle was daarna verskeie kere telefonies in verbinding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.