Obama se e-tolskuld

obama e-tol 4‘n Foto van Obama se limousine volg onderaan die berig. Die Withuis kan dalk binnekort ʼn faktuur van Sanral te wagte wees nadat pres. Barack Obama van die e-tolsnelweg gebruik gemaak het.

ʼn Soektog op E-toll se webwerf met sy limousine se nommerplaat, 800002, wys dat hy R73.22 skuld.

Ongeregistreerde gebruikers kan hierdie skakel volg om te bepaal wat ʼn motor se e-tolkoste beloop.

Obama se limousine op een van Johannesburg se snelweë Foto: Withuis

Obama se limousine op een van Johannesburg se snelweë Foto: Withuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Eksenet ·

Hoe pateties tog nie????? Gaan hulle hom nou dagvaar en hoeveel dae gaan hy kry om te betaal????? Is die Limosine van NSA of ingevoer van Amerika af, want as dit van NSA is, het Obama mos niks met die E-Tollie se betaling te doen nie, tensy die Limo as ‘n Taxi geregisteer is!!!!!!!!

akram ·

Wel ek sien dit so: “julle wil he ek moet etol betaal, raait kyk wat doen ek nou verder met die rand se waarde teenoor my US$$”.

Sarie van Niekerk ·

Al wat ek kan se is hoe belaglik!!!!

Sanral gaan seker nou die boete Amerika toe stuur en as die eerste sewe dae verby is ‘n opvolgnota, wat dan amper dubbel die bedrag is stuur en aanhou totdat hulle later op Obama se eiendom in die withuis gaan beslag le. Wat van al die ander buitelandse besoekers. Ek se weer, hoe belaglik. Die ANC laat darem geen geleentheid verby gaan om ons land se naam dinges te maak nie

Morgan Forster ·

Die President van die VSA het diplomatiese immuniteit. Ons pad-wetgewing en reels het nie betrekking op enige buitelandse diplomaat nie. E-tol moet maar daardie R73.22 op hul maag skryf en afvee met hul eie trane. Hoe pateties en belaglik wil hulle nog wees. Kry hulle nie al genoeg geld van die belasting betalende Suid Afrikaners nie?? Idiote!!

EyesEars ·

As mens op die link gaan registreer, gaan hul dan die inligting he van mense wat nie die e-tags het nie. Nee dankie! Stel nie belang om enige iets met sanral en kronies te deel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.