Die Amerikaanse president Barack Obama vlieg vandag na Tanzanië vir die laaste gedeelte van sy Afrika-toer.
Obama het die afgelope naweek in Suid-Afrika spandeer waar hy onder meer eer betoon het aan die verswakte oud-president Nelson Mandela. Hy het egter besluit om hom nie in die Medi-Clinic Harthospitaal te besoek nie. Obama het gesê Madiba is een van die geskiedenis se belangrikste politieke figure.
Obama het Sondag besoek aan Robbeneiland afgelê en in die klein sel gaan staan waar Mandela aangehou is. Hy het ook sy dogters na die kalk gruisgat geneem waar Mandela tydens aanhouding gewerk het.
Hy het Sondag tydens ʼn toespraak by die Universiteit van Kaapstad gesê Mandela se politieke erfenis en Suid-Afrika se wegbreek van apartheid is ‘n bewys dat vryheid uiteindelik sal seëvier.
– eNCA/SAPA