Obama ‘wen’ Amerikaanse verkiesing

Obama vier sy ‘oorwinning’ deur ‘n drukkie te gee aan sy vrou Michelle. Foto: Twitter

Internasionale nuusagentskappe berig dat Barack Obama herverkies is as president van Amerika na ʼn taai stryd met die Republikeinse presidentskandidaat, Mitt Romney.

Volgens berigte is Obama die tweede Demokraat om herverkies te word vir ʼn tweede termyn sedert die Tweede Wêreldoorlog. “Dit het gebeur as gevolg van jou. Dankie,” het president Obama aan sy meer as 22 miljoen volgelinge op Twitter gesê. Obama het teen 6:30 (SA tyd) reeds 275 kiesstemme gekry, 5 meer as wat nodig is vir die Withuis. Die kiesstemme van Flordia en Virginia moet nog bekendgemaak word maar dit blyk dat Obama ʼn gemaklike oorwinning sal behaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.