“OcSober” skop af

geen alkoholDie “OcSober”-veldtog het vandag afgeskop – ‘n veldtog wat ʼn 31 dae lange uitdaging aan die publiek rig om nie in Oktober alkohol te drink nie.

“So ʼn veldtog sal verseker dat ongelukke op die land se paaie en geweld afneem,” het die South African National Council on Alcoholism and Drug Dependence (Sanca) Dinsdag gesê.

David Fourie, ʼn woordvoerder van Sanca, het gesê diegene wat nie vir meer as drie weke “drankie-vry” kan bly nie, mag ʼn alkoholafhanklikheidsprobleem hê.

“Mense kan hulself toets deur te kyk of hulle vir ʼn maand nugter kan bly,” het hy gesê.

Talle Suid-Afrikaners het hul mening oor die veldtog op sosiale platforms onder “#OcSober” gedeel.

Een daarvan was die radiojoggie Gareth Cliff, wat soos volg daaroor getwiet het: “As jy eksamen skryf, sal #OcSober help. As jy jou lyf wil terugkry, sal #OcSober help. As jy geld wil spaar, ondersteun #OcSober! ;)”

ʼn Ene Rory John het geskerts en twiet: “#OcSober gaan sover goed. Ek kan eerlikwaar sê ek het nog nie ʼn drankie gehad nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Flash ·

My drank is juis ook op. So outomaties neem ek ook maar deel. :(

Vas Vat ·

Hoe lekker smul ek nou aan n tjoppie, en daarby n lekker glasie Riesling, tjorts.

Jasper ·

Vas Vat . Ek sou graag saam jou so tjortsie wou gooi maar ek sit hier in n Arabiese land waar dit heel jaar Ocsober is. Dus maar n koffietjie met spice.

Vas Vat ·

Jasper, dit is nou jammer, maar dan weer n man moet doen wat hy moet doen. As jy weer elders is waar jy n ietsie kan vat, dink ek jy gaan daardie ietsie “regtig” geniet. Mooi bly daar vriend.

Groetnis

V-V

Erich Goosen ·

Ek weet darem nie so mooi nie. Hoor nog boonop SA Brouerye se werkers gaan staak. Wat doen ons as die haas onmoontlike gebeur en ons Saterdag die 4 nasies cup wen!

Vir Wat ·

Is al 15 jaar by my OcSober maand. Sterte aan di mense wat afhanklik is van drank en dit wil los. Dit is ook dien ideale geleentheid om jouself te toets.

Henrietta Klaasing ·

Rand vir Rand, ongeluk vir ongeluk, moord vir moord, aanranding vir aanranding, egskeiding per egskeiding ensovoorts, ensovoorts, rig drank duisende male meer skade aan as rook. Mense maak nie ongelukke, moor of rand ander aan “onder die invloed van rook” nie. Tog is daar ‘n uiters suksesvolle anti-rook veldtog gevoer wat miljarde rande na alle kante toe gekos het. Vir my maak die veldtog teen drank BAIE sin, met al bogenoemde in ag geneem.

Vas Vat ·

Henrietta, almal is nie verslaaf aan drank nie, inteendeel, 2 sopies rooiwyn is baie goed vir die gesondheid. My oupa het 101 jaar oud geword en hy het elke dag twee sopies rooiwyn geniet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.