Oë uitsny: Vrou glo verwant aan kind; pleeg selfmoord

Die seuntjie sterk aan in die hospitaal. Foto: news.com.au

Die seuntjie sterk aan in die hospitaal. Foto: news.com.au

Die vrou wat ʼn sesjarige seun van China se oë uitgesny het, is glo die seun se eie tannie.

Maroela Media het onlangs berig die seun sterk aan in die hospitaal nadat ʼn vrou, wat vermoedelik organe op die swartmark verkwansel, hom in ʼn veld ingelok en sy oë uitgesny het.

Die voorval het voorverlede Saterdag op die platteland in Linfen in die Shanxi-provinsie in die noorde van China plaasgevind. Die plaaslike media in China het aanvanklik berig die moontlikheid bestaan dat die seuntjie se oë uitgesny is om die horingvliese op die swartmark te verkwansel, maar die polisie het gesê hulle het dié moontlikheid uitgesluit nadat die horingvliese nie verwyder is nie. Lees meer hier.

Intussen is die seuntjie se naam bekend gemaak as Guo Bin.

Chinese owerhede het Woensdag gesê Guo se tannie het selfmoord gepleeg “in ʼn verrassende wending in ʼn saak vol teenstrydighede”.

Die polisie in Linfen het bevestig Zhang Huiying, die seun se tannie, was as ʼn verdagte identifiseer nadat bloed op haar klere gevind is. Sy het ses dae ná die aanval selfmoord gepleeg deur in ʼn put af te spring.

Guo se ma, Wang Wengli, het gesê haar seuntjie was dalk gedisoriënteerd ná die aanval en kon daarom nie sy tannie as die aanvaller uitken nie. Sy het ook gesê hulle het Guo nog nie van sy toestand ingelig nie en hy bly nog steeds vra waarom die lug donker is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trippie ·

Dit was vir my een van die mees afskuwelikste dade wat nog gepleeg is teenoor ‘n kind.

Jinne, ek is ‘n tannie van 5 meisiekinders (nou volwasse) en 2 seuns (ook volwasse) – en sal NOOIT, NOOIT dit oorweeg om hulle leed aan te doen nie.

Kon die sogenaamde tannie dan nie maar net in die put gespring VOOR sy die daad gedoen het nie.

My hart bloei vir die jong seun.

Willy ·

Ek is bly hierdie gemors is vrek!
Ek kan my nie indink dat iemand dit aan ‘n lewende wese kan doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.