“Oefen jou reg uit om te stem,” vra Zuma in Nuwejaarsboodskap

Suid-Afrikaners moet in 2014 hul reg om te stem, uitoefen ter herinnering aan die gelykheid waarvoor voormalige president Nelson Mandela geveg het.

Dit was president Jacob Zuma se Nuwejaarsboodskap aan Suid-Afrikaners op 31 Desember 2013.

“Wanneer ons die nuwe jaar binnegaan, moet ons nie vergeet van een van die mees basiese regte wat ons in 1994 ontvang het nie: die reg om te stem,” het hy gesê. “Dis ʼn reg wat Tata Madiba vir die eerste keer in sy sewentigs kon uitoefen.”

Hy het ʼn beroep gedoen op almal wat nog nie geregistreer het vir die 2014-verkiesings nie om dit wel te doen.

Zuma het gesê miljoene Suid-Afrikaners het ʼn beter lewe sedert 1994, maar daar is talle wat steeds wag. “Daarom is ons werk nog nie voltooi nie.”

Suid-Afrika se sesde demokratiese algemene verkiesing word in 2014 gehou.

President Jacob Zuma

President Jacob Zuma

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Annoniem ·

Reg verkry om te stem, maar wat die president nog nie vir n enkele oomblik respekteer het nie.
Daarmee is n internasionale skandvlek op die naam van ons land geplaas.
n Massa van die bevolking respekteer nie jou presidentskap nie, ook jou nie as mens nie.
Asseblief doen iets daarmee nog voor die verkiesing!!!!

Johan Viljoen ·

Vir geregtigheid en gelykheid kan n mens nog stem, maar vir diefstal en korrupsie, ek weet nie so mooi nie. Hierdie pragtige land word gestraf met die swakste mens op aarde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.