ʼn Regter in Las Vegas het OJ Simpson se versoek om ʼn nuwe verhoor van die hand gewys.
Die besluit, wat Dinsdag geneem is, beteken dat die voormalige voetbalster in die staatsgevangenis in Nevada moet bly waar hy tans 33 jaar tronkstraf uitdien vir gewapende roof en ontvoering in ʼn gefnuikte poging in 2007 om persoonlike items van sportsmemorabilia-handelaars te bekom.
Simpson is in 2008 gevonnis. Hy sal 70 jaar oud wees voordat hy aansoek kan doen om parool.
Sy huidige verdedigingspan het aangevoer dat sy vorige prokureurs sy saak só sleg hanteer het, dat hy geregtig is op ʼn nuwe hofsaak. Regter Linda Marie Bell, in die Clark County-distrikshof, het 22 bewerings van ondoeltreffende bystand van sy regspan en prokureurs se botsende belange oorweeg, maar beslis dat die standaard vereiste vir ʼn nuwe hofsaak nie bewys is nie.
Simpson, wat ook as “The Juice” bekend staan, is ná ʼn lang hofsaak vrygespreek op die aanklagte van moord op Nicole Brown Simpson en Ronald Goldman. Nicole en Goldman is in 1994 vermoor. ʼn Burgerlike hof het hom egter in 1997 skuldig bevind aan hul onregmatige sterftes. Hy het tot op hede net ʼn klein bedrag van die $33.5 miljoen (sowat R335 miljoen)-skadevergoeding betaal.
Boontjie kry sy loontjie. Dink terug O.J.
sonet…ditto, sy verdiende loon.