OJ Simpson wil glo selfmoord pleeg deur hongerstaking

OJ en Nicole agt maande voor sy vermoor is

OJ en Nicole agt maande voor sy vermoor is

OJ Simpson, bekende gewese voetbalspeler en akteur, wat in 1994 vrygespreek is op aanklagte dat hy sy gewese vrou, Nicole Brown Simpson en haar vriend Ronald Goldman vermoor het, probeer glo nou selfmoord pleeg deur in die tronk op ‘n hongerstaking te gaan. Hy is glo baie depressief.

Simpson dien tans gevangenisstraf uit vir ontvoering en roof, en kom oor drie jaar in aanmerking vir parool.

Na berig word wil Simpson deur sy selfmoord verseker dat sy vier kinders sy miljoene dollar erf. Dit is glo al manier waaraan hy kan dink om te keer dat Goldman se familie nie die geld in die hande kry nie. Hoewel Simpson aan die moord vrygespreek is, het Goldman se familie met ‘n $33 miljoen siviele eis weens onregmatige doodslag geslaag.

Talle berigte doen die ronde dat Simpson se gesondheid baie sleg is. Onder die bewerings tel dat hy ‘n breingewas het. Sy regsverteenwoordiger het egter aangedui dat hy niks daarvan weet nie.

Bron: Mail Online

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.