Okosa: Geen porno op TV vir SA

Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid in Suid-Afrika (Okosa) het Vrydag beslis dat die betaalkanaal, TopTV, nie pornografie mag uitsaai nie.

TopTV het verlede jaar bekendgemaak dat hy drie 24-uur-pornografiekanale in Suid-Afrika wil bekendstel. ʼn Woordvoerder van Okosa, Jubie Matlou, sê hulle het besluit dat vroue se reg tot waardigheid, TopTV se reg tot vryheid van uitdrukking en die regte van kykers om pornografie op TV te sien oortref. Okosa het talle geskrewe en mondelingse voorleggings ontvang en tot 16 Januarie openbare verhore gehou oor die aangeleentheid. Multichoice het in 2010 sy plan bekemdgemaak om moontlik pornografie uit te saai maar dit later laat vaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.