Olie dalk “binnekort” in Namibië opgespoor

HRT, ʼn oliemaatskappy van Brasilië, het Donderdag gesê hy sal “binnekort” groot hoeveelhede olie in Namibië opspoor.

Milton Franke, hoof uitvoerende beampte van HRT, het aan AFP gesê hy is vol vertroue dat Namibië binnekort die jongste in ʼn reeks olievervaardigers in Afrika kan word, ondanks ʼn dosyn ontdekkingsputte wat nog niks opgelewer het nie.

HRT het vroeër vanjaar ʼn klein bietjie olie naby Walvisbaai naby Namibië se Skedelkus opgespoor, maar nog nie genoeg vir handelsvolumes nie. “HRT glo dit is net ʼn kwessie van tyd. Walvisbaai en Oranjebaai het altwee goeie bronrotse binne die olievervaardigingsvenster,” het Franke gesê.

HRT hoop om die volgende uitslag van hul boordery in die middel van Oktober te ontvang. “Ons het uit ons ervaring in Brasilië geleer dat mens geduldig moet wees.”

Die maatskappy se boorprogram beloop ongeveer $200 miljoen (R2 biljoen).

Repsol en Petrobras is twee Spaanse maatskappye wat ook ontdekkingswerk in Namibië verrig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

H J Bester ·

HRT het reeds bloutjies geloop met sy boorwerk vir olie in Namibiese waters want tot dusver het hulle boorwerk niks beduidends opgelewer nie.

Ongelukkig deel ek nie heeltemal in HRT se optimisme vir groot olie-neerslae te Walvisbaai of die Oranjemund-beken nie. Daarenteen hoop die Namibiese regering op ‘n ontdekking van olie ten einde die land se ekonomie ‘n hupstoot te gee en die groot werkloosheid op te los.

Peter Bezuidenhout ·

Kom ek stel dit so,al vind hulle olie in SA gaan dit niks aan die situasie verander nie.Ons ruolie word van n heel ander bron as Afrika ingevoer.Dit gaan hier om gewin…niks anders nie.Terloops,sterkte met julle soeke in Namibie,hoop julle is suksesvol.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.