“Olie-vir-kos”-verslag binnekort bekend

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

Die Presidensie het aangekondig dat hy die Donen-kommissie se verslag ‘Irakse kos-vir-olie-skandaal’ voor 7 Desember openbaar sal maak.

Die verslag bevat inligting rakende Suid-Afrikaners se betrokkenheid by die skandaal. Die Donen-kommissie is on 2006 deur oud-president Thabo Mbeki in die lewe geroep na ʼn verslag deur die Verenigde Nasies (VN) waarin plaaslike maatskappye uitgewys is wat ʼn VN-verbod op direkte handel met Irak geminag het. Vier Suid-Afrikaanse maatskappye was onder die meer as twee duisend buitelandse maatskappye wat glo onregmatige betalings aan oud-president Saddam Hoesein se regime gemaak het. Die betalings is glo genaak ten einde olie te bekom. Die olie –vir-kos skema het glo bepaal dat Irak net olie in ruil vir kos kon verkoop. Volgens berigte word onder meer president Jacob Zuma en adjunk-president Kgalema Motlanthe se name in die Donen-kommissie se verslag genoem. Die verslag maak glo die name bekend van senior regeringsamptenare wat bewus was van die kos-vir-olie-skandaal.

Die presidensie sê in ʼn verklaring hy is bewus van die potensiële misbruik wat gepaard kan gaan met die openbaarmaking van die verslag. ʼn Woordvoerder, Mac Maharaj, waarsku dat die kommentaar wat in die verslag gelewer word oor sekere individue moet nie as feite afgemaak word nie aangesien die kommentaar tussentyds en onverhoord was. Maharaj het ook beklemtoon dat die Donen-kommissie se verslag vasgestel het dat die optrede van Suid-Afrikaners wat in die verslag genoem word, nie neerkom op ʼn misdryf kragtens die Suid-Afrikaans reg nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.