Olietenker slaan om, Van Reenenspas gesluit

Foto: SA-venues.com

ʼn Vragmotorbestuurder is in ʼn ernstige toestand nadat twee swaarvoertuie Vrydagoggend op die Van Reenenspas gebots het.

Die botsing het veroorsaak dat een van die swaarvoertuie, ʼn olietenker,  omgeslaan en sy olie oor die pad gemors het. “Die bestuurder van die olietenker is op die toneel gestabiliseer. Hy is na ʼn hospitaal in Harrismith geneem vir verdere behandeling,” het Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Die pad moes vir verkeer gesluit word om die toneel op te ruim.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.