Olifant opgemerk in Knysna-woud

Foto: SANParke

Foto: SANParke

ʼn Strik-kamera het ʼn olifant in die Knysna-woud afgeneem, het SANParke Donderdag gesê.

“Daar is foto’s van die olifant, wie se tande, slurp en bene duidelik gesien kan word,” het Nandi Mgwadlamba, woordvoerder van SANParke, gesê. “Dit is egter nie moontlik om te sien of dit ʼn koei of ʼn bul is nie en die
voorkopvorm en oorpatrone is ook nie duidelik genoeg om uit te ken nie.” Sy sê dit is noemenswaardig, aangesien die Knysna-woud een van die min woude oor is waar olifante in hul natuurlike omgewing aangetref kan
word.

Die olifant is op 6 November afgeneem, maar die foto is eers Donderdag afgelaai. Die kamera is deur die Landmark-stigting in die Knysna-woud opgestel om luiperdnavorsing te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

annatjie booyens ·

Amazing!!!!!ons het die Knysna bos in 2012 saam met veldwagter gery en gesien hoe hekke omgestamp is hoe WONDERLIK om die OU GROTE nou te SIEN!!!!!

Gert ·

Ek het die voorreg gehad om die Outeniqua staproete te stap gedurende Julie 2013 en wat ‘n fees sou dit nie gewees het om ‘n olifant te kon ervaar nie!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.