Olifant slaan bejaarde met slurp dood

Argieffoto

Argieffoto

’n 84-jarige man van Melun in Frankryk is dood nadat ’n sirkusolifant, wat uit aanhouding ontsnap het, hom met sy slurp geslaan het.

Die olifant het Sondagmiddag soos oudergewoonte in Lizy-sur-Ourcq, sowat 50km van Parys, opgetree en is daarna teruggeneem na sy aanhoudingskampie wat met ʼn elektriese draad omhein is.

Volgens ooggetuies het die olifant ’n grondseil gegryp en dit oor die elektriese heining geplaas, waarna hy deur sy versperring gebreek het.

Die olifant het op die bejaarde man afgestorm en hom met sy slurp omgeslaan. Die bejaarde het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

– SAPA-AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trippie ·

Op Praag word berig dat die eienaar / afrigter van die olifantjies, dié spesifieke een vreeslik geslaan het omdat hy nie sy “samewerking” wou gee tydens ‘n toertjie nie !

Jammer die olifant het die verkeerde persoon gedood !

JAVR ·

As dit die geval is hoop ek die DBV gaan intree en die eienaar flippen slaan!!!! (in sy sak natuurlik, anders is dit aanranding!!)

JAVR ·

Ek stem diere hoort nie in ‘n sirkus nie! Kyk hoe intelligent is hierdie olifant! Jammer oor die ou omie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.