Olifant-slagoffer ontslaan

Jans de Klerk en Sarah Brooks. Foto: Facebook.

Jans de Klerk en Sarah Brooks. Foto: Facebook.

Sarah Brooks, die Britse toeris wat ʼn olifant-aanval op 30 Desember in die Kruger-wildtuin oorleef het, is uit die hospitaal ontslaan.

Robyn Baard, woordvoerder vir Medi-Clinic Nelspruit, het bevestig dat Brooks Maandag ontslaan is, het ʼn Sapa-korrespondent berig.

Brooks en haar reisgenoot, Jans de Klerk, is deur ʼn olifantbul in die wildtuin aangeval. De Klerk is oorspronklik van Pretoria, maar bly nou in Spalding in Engeland. Brooks, ʼn onderwyseres, woon ook in Spalding.

Die paartjie het die olifant van agter verfilm toe dit eweskielik hul voertuig bestorm en omgekeer het. Brooks is beseer nadat een van die bul se tande haar bo-been agter oopgeskeur het.

Dit is nie duidelik wanneer hulle sal terugkeer na Engeland nie.

Die olifant is ná die voorval van kant gemaak om te verhoed dat dit nog iemand sou beseer.

Lees ook:
Olifant-aanval: Toeris sterk aan; name bekend
Publiek ontstoke oor wildtuin-olifant; slagoffer sterk aan
Olifant van kant gemaak ná dit motor in Krugerpark aanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.