Olifant trap twee broers dood

Argieffoto

ʼn Olifantbul van die Balule-natuurreservaat in Hoedspruit, Limpopo, het twee broers wat by die reservaat gewerk het, doodgetrap.

William Bango is verlede week dood nadat hy vertrap is toe hy ʼn waterpyp na die eienaar van die reservaat, Steven Hearne, se kamp gelê het. Sy broer, Nelson, het glo Maandag na die olifant gesoek toe dieselfde lot hom oorgekom het.

“Nelson is omstreeks 17:00 op sy motorfiets deur die olifant aangeval. Hy het van die motorfiets afgespring en probeer weghardloop, maar na 100m het die olifant hom ingehaal en vertrap,” het Anthony Dott, die voorsitter van die reservaat, aan The Star gesê.

“Ons is geskok dat die bul nog een van ons werkers doodgemaak het, veral twee broers,” het Hearn gesê.

Die reservaat het glo nadat William doodgetrap is, vir ʼn week lank ʼn onsuksesvolle lugsoektog na die bul van stapel gestuur om dit dood te maak. Ná Nelson se dood het die reservaat sy pogings verdubbel. Die dier is glo Dinsdag om 11:00 vanuit ʼn helikopter doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.