Olifant uitgesit ná “onbeheersde brand”

Argieffoto

‘n Brand wat tot die dood van ‘n olifant in die Kruger-wildtuin gelei het, was onbeheersd, het SANParke Maandag gesê.

‘n Herrie het verlede week op sosialemedia-netwerke uitgebreek oor dié brand. “Die brand was die gevolg van ‘n wegholvuur wat van Mosambiek na die wildtuin versprei het,” het Freek Venter, algemene bestuurder by die wildtuin, gesê. “’n Suid-oostelike wind het ongunstige toestande veroorsaak wat tot die onbeheersde brand gelei het.”

Venter sê die rook van “hierdie tipe brand oorval soms diere en maak hulle deurmekaar”. Die olifant het ernstige brandwonde opgedoen en moes uitgesit word. “SANParke het streng brandriglyne vir beheersde brande wat aandui wanneer dit veilig is om dié brande te begin en die Kruger-wildtuin is geen uitsondering nie.”

Daar was bewerings op Facebook en ander sosialemedia-platforms dat ‘n renoster ook in die brand beseer is. Dit kon nie bevestig word nie.

Venter sê ‘n ondersoek sal uitgevoer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.