Olifant val Chinese paartjie in voertuig aan

Argieffoto

ʼn Paartjie van China is beseer nadat ʼn olifant Maandag hul voertuig in die Krugerwildtuin omgekeer het.

ʼn Helikopter, plaaslike dokter en paramedici is na die toneel ontbied. William Mabasa, ʼn woordvoerder van die park, sê net die man het beserings getoon. Die egpaar is na die Clinix Phalaborwa-hospitaal geneem vir verdere behandeling. Volgens Mabasa het die man gebreekte ribbes en interne bloeding opgedoen. Die vrou kla van rugpyn en dokters is steeds besig met hul ondersoek en om X-straalplate te neem.

“Dit is nie duidelik hoekom die olifant aggressief geword het nie. Ons versoek egter die publiek om altyd versigtig te wees vir die diere en nie te naby aan hulle te gaan as hulle een op die pad sien loop nie,” het Mabasa gesê.

Mabasa het gesê die betrokke owerhede sal van die voorval in kennis gestel word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.