Olifant vertrap hanteerder

Argieffoto

Twee olifante het Maandag ʼn hanteerder by die Elephant Sanctuary, naby Hartbeespoortdam, doodgetrap.

Craig Saunders, ʼn woordvoerder van die reservaat, het aan Beeld gesê die diere was besig met hul daaglikse oggendoefeninge toe die fratsongeluk plaasgevind het.

“Die hanteerder het baie ondervinding gehad en het uitsluitlik met Afrika-olifante gewerk,” het Saunders gesê. Hy sê die hanteerder het op een van die olifante se rug gery as deel van die oefeninge. “Hy het van die olifant se rug afgeval en tussen ʼn bul en koeie beland wat gespeel het. Die olifante het aanhou speel en loop en het nie besef hulle vertrap die hanteerder nie,” het Saunders gesê.

Paramedici was kort na die voorval op die toneel, maar kon niks doen om sy lewe te red nie.

Daar was geen besoekers tydens die voorval nie. Die reservaat is vir ʼn dag gesluit om berading aan die werkers te gee.

Die hanteerder se naam kan nog nie bekend gemaak word nie, aangesien sy familie nog nie van sy dood ingelig is nie.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.