Olifantaanval: ‘Hulle het ons vir dood agtergelaat’

‘n Video van die voorval volg onderaan die berig.

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video


Die Brit Sarah Brooks en haar Suid-Afrikaans gebore verloofde, Jan de Klerk, sê die mense wat ʼn video gemaak het van hoe ʼn olifantbul hulle motor aanval het hulle vir dood agtergelaat.

Brooks en De Klerk is op 30 Desember naby die N’waswitshaka-watergat, suid van die Phabeni-pad naby Pretoriuskop in die Krugerwildtuin deur ʼn olifantbul aangeval. Die olifant het hul motor bestorm en omgekeer. Die olifant is doodgeskiet. In ʼn onderhoud met die Daily Mail sê Brooks en De Klerk dat die mense wat die video gemaak het na die tyd aan hulle gesê het dat hulle gedink het hulle is dood. Die paartjie beweer hulle het die mense ook gesmeek om nie die video openbaar te maak nie. Brooks, wat die motor bestuur het, beweer sy wou die motor in trurat sit maar het dit per ongeluk in eerste rat gesit. Sy sê sy wou ʼn driepunt-draai gemaak het maar kon nie die motor in trurat kry nie. Brooks sê na die aanval moes hulle vir sowat 25 minute wag voor ʼn ander motor verbygery het. De Klerk het intussen sy broer in Kaapstad geskakel en hom gevra om hulp te ontbied. ʼn Helikopter het kort hierna op die toneel aangekom en Brooks na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

Die mense wat die video gemaak het, het Brooks glo in die hospitaal besoek. Sy het hulle glo gesmeek om nie die video openbaar te maak nie. Volgens Brooks is die video geredigeer en laat dit hulle dom en dwaas lyk. Sy sê die olifantbul het ʼn wond op sy bors gehad nadat hy glo vroeër die dag in ʼn geveg met ʼn ander bul betrokke was.

Lees meer hier.

WAARSKUWING: Die persone wat die video geneem het gebruik kru-taal wat sensitiewe kykers kan ontstel.

http://youtu.be/l8UuMQeo9UY

Lees ook:
‘Olifantaanval kon vermy word,’ sê kenner
Olifant-video is eg, toeriste kan beboet word
Olifant-slagoffer ontslaan
Olifant-aanval: Toeris sterk aan; name bekend
Publiek ontstoke oor wildtuin-olifant; slagoffer sterk aan
Olifant van kant gemaak ná dit motor in Krugerpark aanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jasper ·

As mens so luister hoe dit in die fotograaf se kar gegaan het, moes hulle seker ook maar gesukkel het om die ding weer skoon te kry

Ania ·

Jy is reg Antjie, die saak het 2 kante. Aanvanklik het ons Brooks en De Klerk se weergawe gelees: “Die olifant het skielik omgedraai en hul motor sowat 400m die bosse ingestoot en daarop getrap. ” En daarna het ons die olifant se weergawe GESIEN… Hoekom dan nie aanvanklik noem dat die olifant wel waarskuwing gegee het, maar dat sy nie die kar in trurat kon kry nie?

Jaco ·

Shame…nou is julle seker die victims. Julle het net gekry waarvoor julle gesoek het, en die olifant moes met sy lewe betaal.
Jammer daar nie ‘n wet dat jy uitgesit kan word weens stupidgeit nie. Hoop nie julle sit ooit weer julle voete in die wildtuin nie.

Paul ·

Die mense het regtig gekry waarvoor hulle gesoek het. Die olifant het hulle verskeie kere gewaarsku om hom alleen te los maar hulle was slim. Jy is doodreg, dit is eintlik die twee dommies wat uitgesit moes word.

Sanet van der Bank ·

Ek stel voor dat sy weer vir bestuurslesse gaan want hoe moeilik is dit om ‘n trurat te kry. Kyk dan ‘vinnig’ na die rathefboom om seker te maak waar trurat is en trap jou koppellaarpedaal diep genoeg in sodat die rat kan ingaan. Duidelik kan sy nie bestuur nie. As jy dan nie trurat kan kry nie staan net stil. Moenie soos in die video aanmekaar vorentoe gaan nie want ek is seker dit het vir die olifant gelyk of hulle hom uitdaag. Of ‘n ander alternatief is dat sy oor die sitplek na agter kon klim sodat die man agter die stuurwiel kon inskuif en wegkom. Vrouens soos sy gee ons ander vrouens ‘n slegte naam as dit by bestuur van ‘n motor kom.

Ania ·

Ek sluk maar swaar aan die verskonings. Wat moes die mense doen? Vorentoe ry om julle te help en OOK getrap word? Nee wat, anders as julle het hulle die vermoe gehad om die olifant se waarskuwings te lees.

Hannelie ·

Dit is vir my bitter moeilik om simpatie te he met hierdie mense

Gideon ·

My bloed kook nou nog as ek dink hoe so onskuldige olifant moes boet vir iemand se arrogansie. ‘n Olifant is nie ‘n speelding nie dit is die bosreuse wat Daleen Mathee so mooi beskryf in Kringe in die bos.

Theresa ·

En jou punt is Sarah…………………….?? Julle het vir ^%$#(* gesoek. So, julle kon julself maar daar uitkry ook. Die arme olifant moes boet vir julle onnoselheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.