‘Olifantaanval kon vermy word,’ sê kenner

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

‘n Video van die voorval volg onderaan die berig. Die twee toeriste wat deur ʼn olifant aangeval is in die Krugerwildtuin, kon die aanval vermy het indien hulle geweet het hoe om ʼn olifant se lyftaal te lees, het ʼn kenner van dieregedrag gesê.

Les Hes, ʼn wildgids met 35 jaar se ondervinding in dieregedrag, het dié uitlating gemaak nadat ʼn video van die aanval, wat twee weke gelede plaasgevind het, aan die lig gekom het.

Die Brit Sarah Brooks en haar Suid-Afrikaans gebore verloofde, Jan de Klerk, is op 30 Desember naby die N’waswitshaka-watergat, suid van die Phabeni-pad naby Pretoriuskop in die Krugerwildtuin deur ʼn olifantbul aangeval. Die olifant het hul motor bestorm en omgekeer. Die olifant is doodgeskiet.

Hes sê hoewel die paartjie te naby aan die olifant gery het, hulle steeds uit dié gevaarlike situasie kon ontsnap. “Dis eintlik baie tragies dat die olifant geskiet moes word oor simpel toeriste. Wanneer mens na die video kyk is dit duidelik dat die toeriste die skuldige party is. Dit is waarskynlik mense wat geen kennis dra van ʼn olifante se gedrag nie. Om agter die olifant aan te ry is ʼn indringing van sy ruimte,” het Hes gesê. “Wanneer die olifant kant toe draai is dit duidelik dat hy geïrriteerd is deur die motor en die toeriste moes besef het dat hulle moet wegkom.”

Hes sê die groeiende olifantbevolkings in die wildtuin en die toename in die aantal toeriste wat die park besoek, het tot gevolg dat die waarskynlikheid van so aanval toeneem.

Ike Phaahla, woordvoerder van SANParke, stem saam met Hes dat die paartjie nie ‘n veilige volgafstand gehou het nie. Hy sê dit is wel moeilik om ʼn finale besluit te maak sonder dat mens saam met die paartjie in die motor was. Phaahla sê mense is voorheen verbied om weer die wildtuin te besoek weens roekelose gedrag. Hy wou egter nie sê of dit vir Brooks en De Klerk sal geld nie.

Lees ook:
Olifant-video is eg, toeriste kan beboet word
Olifant-slagoffer ontslaan
Olifant-aanval: Toeris sterk aan; name bekend
Publiek ontstoke oor wildtuin-olifant; slagoffer sterk aan
Olifant van kant gemaak ná dit motor in Krugerpark aanval

WAARSKUWING: Die persone wat die video geneem het gebruik kru-taal wat sensitiewe kykers kan ontstel.

http://youtu.be/l8UuMQeo9UY

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elize ·

Mens hoef nie ‘n olifant se lyftaal te kan lees om te weet jy ry nie so naby een nie.
Terwyl die olifant aangekom het, het hulle truligte afgegaan dus het hulle nie eers probeer wegkom nie

Theresa ·

Enige iemand met breins kan vir homself dink om die olifante uit te los en uit hul pad te bly as hul bronstig is. Hierdie arme olifant was nog beseer ook. Wat het geword van verdoof en te kyk na sy besering? Die mense soek moeilikheid en dink hulle weet alles en dan as die arme diere hulself verdedig/beskerm word hul van kant gemaak. Hier is net weer ‘n bewys dat geld (besoekers) belangriker is as die welstand van die diere. Bou maar voort om julle onnosel te hou – een van die dae is hier GEEN diere nie en kan al die ander maar gaan “plak” daar in die veld.

eben ·

Theresa jy moet ook weet die mense wat aangestel is in hoë poste is maatjies met die anc. Hulle het geen benul oor bewaring. Ek glo hier het die gegaan oor skiet die dier en dan is daar kos op die borde. Weet net die mense daar sak soos vliee op so karkas af en gryp elkeen n stuk vleis en spander huis toe! Dan noem hulle dit bewaring.

Theresa ·

Ek stem 110% met jou saam Eben. Almal kry die poste maar weet geen kop of gat wat die pos behels nie.

Hanlie Roets ·

Wat het die ANC nou hiermee te doen? Hou tog by die punt! Is dit nie die doel van ordentlike debatvoering nie? Of gaan jy vir altyd aanhou om alles wat verkeerd is aan die ANC toe te skryf?

martie ·

Dalk moet die oorsese besoekers inligting verkry oor die dierre in die wildtuin se gedrag,maar ek weet nie hulle het onnodig die olifant geskiet,een van die dae is daar niks meer oor vir ons kinders,als word uit geroei in die land,sal moet prentjies kyk hoe lyk die groot 5,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.